Alive het in Junie 2023, as deel van ons gemeenskapsdiens projekte vir 2023 en met Mandela-dag 2023 in gedagte, ons “Jar of Hope” projek van stapel gestuur. Ons het vrywilligers genader om ons te help met hierdie projek. Die doelwit van die projek was om vir minderbevoorregte gesinne in en om Kaapstad van ‘n warm pot sop te voorsien gedurende die koue, nat winter. Christian Boshoff, Jean Greeff, Mari Steyn, Emma Stroebel, Christian de Nysshen en Taniel Webber het hulself as vrywilligers by ons aangemeld.
Met Madiba Dag in gedagte, het ons gevra vir 67 “Jar of Hope” bottels wat gevul is met nie-bederfbare bestandele om ‘n vullende maaltyd mee te maak. Nooit het ons gedink dat ons soveel meer sou ontvang nie. In total het die leerders van Paul Roos Gymnasium, Rondebosch en Bloemhof ingespring en 210 bottels gevul met bestandele wat genoeg is om sop mee te maak vir 5 persone elk. ‘n Total van 1050 porsies!
Die leerlinge moes self die bottels bymekaar maak, skoonmaak, die bestandele bymekaar maak en die bottles vul. Hierdie projek het elke eerder 7 ure geneem om te voltooi. Welgedaan span! Ons waardeer die entoesiasme waarmee julle hierdie projek aangepak het van harte!
Die gevulde bottels is versprei onder minderbevoorregte gesinne in die Laerskool Prestwich, Laerskool Ellerton en Ysterplaat gemeenskappe.
Baie dankie vir die leerders se bydrae wat gehelp het om hierdie projek so ‘n groot sukses te maak!
